Die inskrywingsdatum vir Boer soek 'n Vrou is verby en my brief is in. Yeah! Nou is dit net die gewag tot 25 Junie om te hoor of ek as een van die 10 meisies is wat deurgaan om my gekose boer te ontmoet - as hy ooit een van die top 5 boere is! Die reëls het my toe gekeer om aan 4 boere te skryf - jy mag net vir EEN boer inskryf en toe het ek maar my gut instinct vertrou en vir Fanie geskryf. Hy is tog so oulik met daai aksent en van almal het hy regtig eerste my oog gevang.
Die hele proses om in te skryf was soveel pret dat ek nie eers hartseer sal wees as ek nie een van die 10 meisies is nie! Die photoshoot sessie was ongelooflik vreemd omdat ek nie regtig 'n meisie is wat hou van 'n poseer en tittewyt nie. Dit is darem voorafgegaan deur 'n lekker sessie in die winkels, 'n afspraak by die haarsalon en ek het selfs my grimering laat doen! Ha! My foto's moes ek ongelukkig self edit - moenie 'n fotograaf vertrou wat jou R200 vra nie. Ek was in 'n toestand daaroor. Goeie nuus is dat ek darem nou 'n nuwe kiekie het vir my blog! Yeah!
Die pakkie opmaak was 'n fees! Ek het toe nie my beskuit bak vermoëns vertrou nie en eerder op twee oulike 'geskenkies' afgekom. 'n Sakkie lang vuurhoutjies vir braai en 'n bietjie 'Holbrandkerrie'. Ha! Ek het gedink dis nou die ideale ding om my sin vir humor ten toon te stel. Ek dink my pakkie het heel oulik gelyk - dit gaan definitief nie terugstaan vir die ander meisies se pakkies nie. Daar word moeite gedoen, hoor! Dis nie net so eenvoudig soos om op 'n gewone exam pad iets neer te griffel nie en in 'n bruin koevert te stop nie.
My brief... hierdie een was rof! Ek het 'n hele naweek gevat om dit te skryf en toe nogsteeds elke dag bietjie verander. Ek het van 7 bladsye af verkort - ek wou my hele lewensverhaal vir die arme man stuur. Dit was 'n moeilike storie om so vir iemand te skryf wie jy nie ken nie en dit voel regtig met tye soos 'n dating CV. Die skryf van die brief het my laat dink, my laat kyk na my eie lewe en my uitgedaag om my 'kern' op te som. Ek wou nie een van daardie meisies wees wat die tipiese 'ek is avontuurlustig, ek hou van reis en lang stappies op die strand' briewe skryf nie. Ek wou uitbrei. Ek wou gehad het my persoonlikheid moes duidelik deurkom. Ek dink ek het dit dalk reg gekry.
Hoe fraai lyk my pakkie nie? Ek is maar een vir nostalgie - so, ek het my brief met die hand oorgeskryf, parfuum gespuit en dit met 'n lintjie toegedraai.
Hier onder is my brief wat ek aan Fanie geskryf het. Ek het ook 4 'professionele' foto's gestuur en 4 'Polaroid' foto's sodat ou Fanie darem kon sien dat dit wat ek in my brief geskryf het, waar is.
Hou vir my duimvas!
Môre môre Fanie,
As ek myself aan jou moet beskryf sal ek sê dat wanneer ek honderd persent
myself is, is ek laf. As ek ernstig is, rus ek net om weer te lag. Dis in my
natuur om die glas altyd halfvol te sien – ek soek die positiewe. Die lewe is
vir my ‘n lied en ek sing hom graag. Ek is laf én diep en dis ’n lekker balans.
My naam is Jeanine en my lewensverhaal het al amper 26
jaar agter die blad. Hierdie opset voel vir my soos ’n tipe CV en dis vreemd, so
ek skiet gou met 10 vinnige vrae en antwoorde wat seker beantwoord moet word. Enige
byname? Hoe lank is ek? Waar bly ek nou? Rugby span? Al ooit getroud? Enige kinders?
Kriminele rekord? Skuld? Sielkundige probleme? Geweldadige neigings?
Ja (Nini). 1.76m. Pretoria. Blou Bul. Nee. Nee. Nee. Nee.
Nee. Nee.
Reg, nou dat die stats
uit die pad is sal ek sê ek is 'n intelligente, doelgerigte meisie wat nie bang
is om hard te werk of opofferings te maak nie. Ek het na skool BSc begin swot,
maar 4 jaar later met ’n onderwys graad weggestap. Ek het ’n totaal van een
week skool gegee en toe as ’n eiendomsagent begin werk en toe ’n hele rits
ander dinge gedoen om myself vir die volgende paar jaar te kan onderhou. Op
hierdie oomblik is ek van Maandae
tot Vrydae
‘n ‘professionele student’, besig met my tweede graad, en ek swot nou teologie. Dit is baie uitdagend en iets waaroor ek ontsaglik passievol is. Dis verrykend, insiggewend en uitputtend ... maar beslis die moeite werd. Mense hanteer mens darem vreeslik anders sodra hulle hoor gaan ’n dominee wees - so met hulle idees van reëls en voorskrifte, asof jy iets moet doen om God te impress. Wat regte Christenskap vir my anders maak, is dat jou verhouding met Jesus jou juis vrymaak – dis jou geloof wat God plesier gee. So, nou en dan glip daar ook ‘n ‘spelfout’ in soos jy sê, ek besit nie ‘n WWJD bandjie nie, ek delete enige eposse met titels soos ‘Het-Noag-‘n-unicorn-op-die-ark-gehad?’ en ek is definitief nie uit die veld geslaan met ’n vuil grappie nie – ek dink ek sal lekker saam jou kan lag want my sin vir humor grens soms aan te stout wees. Ek gaan dalk nie die tipiese dominee wees nie, maar ek gaan beslis ’n verskil maak.
‘n ‘professionele student’, besig met my tweede graad, en ek swot nou teologie. Dit is baie uitdagend en iets waaroor ek ontsaglik passievol is. Dis verrykend, insiggewend en uitputtend ... maar beslis die moeite werd. Mense hanteer mens darem vreeslik anders sodra hulle hoor gaan ’n dominee wees - so met hulle idees van reëls en voorskrifte, asof jy iets moet doen om God te impress. Wat regte Christenskap vir my anders maak, is dat jou verhouding met Jesus jou juis vrymaak – dis jou geloof wat God plesier gee. So, nou en dan glip daar ook ‘n ‘spelfout’ in soos jy sê, ek besit nie ‘n WWJD bandjie nie, ek delete enige eposse met titels soos ‘Het-Noag-‘n-unicorn-op-die-ark-gehad?’ en ek is definitief nie uit die veld geslaan met ’n vuil grappie nie – ek dink ek sal lekker saam jou kan lag want my sin vir humor grens soms aan te stout wees. Ek gaan dalk nie die tipiese dominee wees nie, maar ek gaan beslis ’n verskil maak.
Ek hoop my hart is goed. Ek is lief vir mense, maak nie
saak wie hulle is nie. Ek probeer om nooit myself beter te ag as ’n ander nie
en ek probeer om nederig en dankbaar te wees met al die dinge en mense in my
lewe. Ek help graag waar ek kan.
Die mense naaste aan my is vir my baie spesiaal, vir
hulle sal ek enigiets doen. My gesin is
vir my ongelooflik belangrik. Dis vir my belangrik om my met liefde
te omring. Dit hou my gelukkig. My ouers bly so 40 minute se ry van my af en my
sussie swot veeartsenykunde op Onderstepoort, so dis vir my lekker om moeite te
doen om ons verhoudings gesond te hou en wanneer ek die kans kry om spesiale
geleenthede te skep om ons gesin saam te snoer doen ek dit met liefde – selfs
al kom my sussie net vir my kuier om eintlik wasgoed te was of iets anders as
koshuiskos te eet.
Ek is ' n netjiese meisie
wat myself goed versorg en probeer gesond lewe. Maar vir my is die
belangrikste die positiewe gedagtes - as jy goed voel, sal jy goed lyk en
gemaklik wees in jou eie vel.
Ek hou van lekker, intieme kuiersessies alhoewel die
lekkerste goed wat 'n mens soms doen, die dinge is wat jy sommer so op die
ingewing van die oomblik besluit en deurvoer. Impulsief wees en skelmstreke en
poetse bak is darem so lekker.
Wat my manier van lewe en my stokperdjies betref is dit die
klein dingetjies in die lewe wat vir my die meeste plesier verskaf – dis die happie sjokoladekoek en die “Hey
Jude” wat kliphard op die kar radio speel. Daar’s altyd ’n ou silwer randjie
êrens in elke dag.
Ek is ek op my
gelukkigste wanneer ek kan skryf. Ek is ongelooflik bevoorreg dat ek betaal
word om my passie te kan uitleef en dit is iets wat lekker met my
vat-dit-soos-dit-kom houding inpas. So, wat doen ek wanneer ek nie besig is om
aan die volgende Afrikaanse topverkoper te werk nie? Haha!
Wel, ek soek na
dinge waarin ek my avontuurlustige kant kant uitleef. Of ek nou die
Otter-staproete voltooi, die Zambezi rivier aandurf met white river rafting, of duik - ek dink daar is iets besonders aan
die mengsel van die buitelug en adrenalien. Hierdie jaar is dit ek en skydiving!
My impulsiewe
kant kom weer uit as ek skielik lus raak vir ’n roadtrip en in my kar spring om na een of ander verlate
plattelandse dorpie toe te ry. Ek het al groot avonture en lekker stories so
bymekaar gemaak. Ek is gek oor reis en een van my bucket list items is om elke bladsy van my paspoort gestempel te
hê.
Ek is
lief vir diere en versot op die natuur en
plaaslewe. Ek het nie
op ‘n plaas groot geword nie, maar dit is ‘n groot trek pleister. Ek verslaaf is aan stilte, die bosveld klanke en die
knetterende vuurtjies. Ek jag al van die ouderdom van 11 af en kry
nogsteeds bokkoors. Ek love dit! Ek
skiet sommer met my pa se 7x64. Ek oefen nog met my boog, maar hy gaan
binnekort ingespan word.
Seker
die feit dat my pa nooit seuns gekry het nie wat hom laat besluit het om alles
vir sy dogters aan te leer. Van hoek op ’n visstok sit, vuur maak (soms vat dit
tog ’n haardroër), rugby kyk, braai, slag en kettie skiet. Die lekkerste is
egter 4x4 ry soos Desember wat verby is, toe ons op is Zimbabwe en Botswana
toe. Man, ongerepte natuur, geen elektrisiteit nie en geen selfone nie – dis nou
paradys!
Ek sal nou nie sê
ek is ’n Nigella Lawson (die tv-chef) in die kombuis nie, maar ek bak ’n
vreeslike lekker Red Velvet koek en koekies om my soettand tevrede te stel.
Kookkos ja! Maar ek sit eerder die koekroller neer en tel my afgeskeepte kitaar
op of soms tap ek ’n skuimbad met kerse en luister na enigiets van Beethoven
tot Mumford and Sons. Ek verloor myself baie gemaklik by die huis in goeie
musiek of ’n goeie boek – dis vir my niks snaaks om tot 3 uur die oggend nog
wakker te lê om ’n goeie boek klaar te maak.
Gewoonlik neem ek
myself nie te ernstig op nie, gewoonlik is dit beter as jy dieselfde doen.
My ideale man... Ek het nie ‘n ‘tipe’ nie en hou daarvan om elke nuwe persoon te leer ken sonder om hulle in ’n boksie te plaas. Ek weet wel dat ek ’n regte pêl sal wil hê. Iemand met ’n lekker plat-op-die-aarde-houding wat ’n pad met die Here stap. Hy moet jonk van gees wees, hou van lag en gesels, hardwerkend wees, ’n bok vir sports wees, goeie waardes hê, lief wees vir kinders en hou van avontuur. Ek wil graag iemand ontmoet wat my ondersteun en aanmoedig om groter hoogtes te bereik. Die lewe is daar om kanse te waag, nuwe mense te ontmoet, nuwe dinge te ervaar en om jou persepsies te verander. Ek hoop om iemand te ontmoet wat saam met my nuut na dinge kan kyk; iemand wat kan oopmaak vir indrukke en mense.
Ek hou van 'n eenvoudige,
ongekompliseerde lewe, en soek iemand saam met wie ek kan pret hê, met wie ek
my hartsgeheime kan deel, en iemand vir wie ek kan kosmaak, en badwater intap
na 'n lang dag
Man, ja, en praat
jy nou van ’n ideale romantiese afspraak, dan praat jy van die feit dat jy my
met ’n palmblaar koel waai en my druiwe en aarbeie voer... eintlik is dit die
ander manier om. Nee, ek dink ’n ideale romantiese afspraak sal beslis iets in
die buitelug wees met ’n lekker uitsig, goeie geselskap en ’n lekker mandjie
vol peuselhappies.
Jou gedurige
laggie het ’n warm indruk gemaak en jy lyk vir my soos ’n vrek oulike outjie –
eerlik en opreg. Dit sal lekker wees om jou beter te leer ken want as ek so
gelees het lyk dit of jy die allerdierbaarste persoonlikheid het. Vir jou sal
ek lekker kan lag.
Ek weet sommer jy
gaan deurgaan as een van die top 5 boere; jy kom voor as ’n verrassende,
oorspronklike en vars verhaal wat die hele land gaan laat regop sit.
Alle sterkte vir
jou, Fanie! En onthou - moenie terughou nie, looi hom!
Groete,
Jeanine Stoffberg
No comments:
Post a Comment