To my English readers: This post is in my home language Afrikaans. It’s about a strange dating type show where girls essentially enter to meet a farmer. Culturally, this may sound weird and I’m sure if you try and put this post through Google Translate it will sound even weirder. Don’t bother. I’ll write the next post in English again as my next date has been introduced and we plan to meet up this week.
Afrikaans pappa! Hierdie inskrywing kan slegs in my ou hartstaal geskryf word en dit voel skoon vreemd om nie in die ‘taal van die vyand’ te dink nie.
Ek is seker daarvan julle het al van KykNet se program Boer soek ’n Vrou gehoor. Verlede jaar sou ek ingeskryf het omdat ek ’n weddenskap met ’n vriendin verloor het, maar kort voor die inskrywings gesluit het is daar darem vir my gesê dat ek nie meer hoef in te skryf nie. Ek was ongelooflik verlig want ek het nog nooit regtig die program gekyk nie.
Ek het so paar episodes laasjaar gevang, maar nie regtig veel opgelet nie. En toe is dit 2013, en ek is steeds alleenlopend en toe herinner my liewe vriendin my dat ek miskien hierdie jaar moet inskryf.
Hier is hoe die program werk: 10 boere oor die land word gekies en aan die land voorgestel. Daarna kry meisies die geleentheid om vir hierdie 10 liefdesbriewe te skryf waarna dit aan die boere voorgehou word. 5 boere word hier geelimineer omrede net die 5 boere wat die meeste briewe ontvang het aanbeweeg. Die boere lees dan hulle liefdesbriewe en kies dan ’n sekere aantal meisies om te ontmoet. Ek dink hierdie is 10 meisies – ek sê mos ek het nie regtig opgelet in die klas verlede jaar nie. Mos.
Na ’n kort onderhoud/gesprek met die boer kies hy dan 4 meisies om saam met hom plaas toe te gaan en dan stuur hy een vir een huistoe totdat hy nou met sy ideale plaasvroutjie opeindig. Pragtig.
Snaaks genoeg wil ek hierdie jaar inskryf en dis presies wat ek gaan doen. Ja, ek weet wat die meeste mense se reaksie is. ‘Neeeeee, Jeanine! Dis nou desperaat. Jy weet dis ’n klug en die hele land gaan dit sien’. Ja, ek weet dit. Maar regtig? Ek verstaan nie dat mense gereeld gaan draf en hul eetgewoontes kan aanpas om hulle nuwejaarsvoornemens te hou nie, maar as dit by ‘dating’ kom dan sit hulle net agteroor en wag vir iets om te gebeur. Julle ken die ou sêding: jy kan nie die lotto wen as jy nie ’n kaartjie koop nie.
Julle ken my nou al seker teen hierdie tyd. Ek hou van my Facestalking. My term is ook nou ‘n werkwoord. Ha! In elk geval, ek het die kiekies van die boere vir julle hier gesit, maar as julle meer wil weet oor elke boer of hulle video wil sien gaan kyk maar op die Boer soek ’n Vrou webtuiste.
Drie boere val sommer dadelik van my potensiële ...lysie af. Die twee ou ballies, Jan en Danie en Hans... want hy is bles, en ek doen nie bles nie.
Ek ‘like’ die Boer soek ’n Vrou Facebook bladsy waarop al 10 boere se profiele verskyn. Ek wou natuurlik bietjie gaan kyk watter boer die meeste ‘likes’ het om min of meer te voorspel watter 5 boere moontlik gaan bly. Dit sal nogals onnosel wees om vir die boer met die minste ‘likes’ te skryf en dan kom Frikkie nie eers in nie. Dit was vir my egter nie genoeg om net die boere se populariteit te evalueer nie. Ek het al die ‘comments’ begin lees. Goeie etter ons land het ’n paar wilde meisies. Slette man! Maar wat my oog sommer vinnig gevang het was opmerkings soos ‘Lekker man my tjom! Hoop jy vind groot liefde’ en ‘Hey neef, ek hou vir jou styf duim vas!’....
Maar hierdie mense ken mos die boere persoonlik. Mos.
Ai jinne, binne ’n uur toe het ek 6 van die 7 boere se vanne en profiele gekry. Die 7de een, Fanie, se arme pa, Fanie word skynbaar aangesien vir Fanie jnr. Die oom se profiel foto is ’n perd en sy profiel is oop. Sy een status update spot nogals dat hy gevlei voel deur al die jong meisies wat Friend Requests stuur. Toe gaan soek ek maar in die oom se ‘Friends’ om ander familie op te spoor en so kom ek op Fanie se ouma af... en ou mense ken nog minder van privacy settings. Sy lag ook lekker oor die friend requests en skryf ‘pleks die meisies eerder skryf’.
Ek voel nogals beter oor die feit dat ander meisies ook probeer om die boere op te soek... my ‘navorsingstegnieke’ is dus nie so ongewoon nie. Maar die feit dat jy so desperaat is om ‘n friend request te stuur... slet!
Ek gaan definitief vir Fanie skryf. Hy het heel eerste my oog gevang in die Huisgenoot. Hy’s ’n baie gawe seun, sag op die oog, jy weet!
So, 6 boere oor...
Kom ons begin by Boer #1 – Chris. Ag jitte toe ek hom op KykNet sien het ek gedink hy’s spesiaal. Ek is mos maar ’n chubby chaser. MOS! Oulike boer met Christelike waardes wat sê ‘dit gaan nie vir my daaroor om die regte meisie te kry nie maar om die regte ou vir die regte meisie te wees’. Alles op die webtuiste was ook oulik. Ek gaan nou nie ’n boer oordeel omdat sy gunstelling musikante Theuns en Juanita is nie. Sy gunstelling boek lys hy as die Bybel en sê ook dat dit al boek is wat hy lees...
Ai, die boeregemeenskap is maar oningelig jong oor Facebook. Oop profiel.
Kom ek deel so een of twee status updates.
· ‘dit reen darum nou leker’
· ‘ekt n grood stap om te neem daai geld le nie hier nie HEER as dit U wil is laat ek dit in U naam doen en laat U die eer toe asb !!!!!!!!!!!! Gee my net die wysyt en insig om dit reg te implimenteer. DANKIE HEER VIR MY GAAWES’
· Dis dae soos vandag wat jy God se hand in als sien as jy trugkyk na hoe jou dag geloop het en hy jou net kalum gehou het en jou oopkop laat dink. Dankie vir almal wat vanaand hier was dis was n vees
Hoop julle het dit ok darum net so biekie geniet
Hoop julle het dit ok darum net so biekie geniet
Boetie, jy lees duidelik nie genoeg Bybel nie want Spreuke praat vreeslik baie van ‘wysyt’ en Psalms praat van ‘kalum’ waterstrome. Ek weet boere spel seker nou die perfek nie, maar waaragtig!! Waaroor gaan mens met die man oor praat, wonder ek? Jy moet tog darem seker ’n boek of twee lees! Nee wat, ek gaan nie vir hierdie mannetjie skryf nie. Hy lyk steeds spesiaal...nou net op ’n effe anderse manier.
5 boere oor. Nadat ek weer na die boere se video’s gekyk het en hulle profiele in diepte bestudeer het word ek van twee se ‘ideale vrou’ lys af gediskwalifiseer. Reinhardt is opsoek na ‘n ‘lang en skraal vrou wat mooi gebou is. ’n Atletiese vrou wat ook sportief is en hou van oefening soos ek’. So ja, genoeg gesê. Ek is die presiese teenoorgestelde van sportief. En hy wil graag sy vrou op die plaas laat woon en hierdie plaas is in die Kalahari! Tog wil hy hê sy vrou moet ’n loopbaan beoefen maar nie ‘heeltyd dorpe toe nie’. Wel, dit sal moeilik wees om skool te gee of huisbesoek af te lê in die Kalahari!
Ek groet ook sommer vir Marius. Eerstens omdat hy regtig heeltemaal te dood lyk vir my en hy is 4cm korter. Hy sê sy vriende noem hom ‘n ‘metroboer’ en die man speel kitaar, skryf gedigte, ry bergfiets, speel tennis, neem deel aan driekampe ens. Hy is ook opsoek na ’n fikse en gesonde meisie. Hy lyk vir my regtig skaam en teruggetrokke en ek wil ’n voorspelling waag en sê dat as hierdie boer deurdring gaan die meisies kla oor hom en sy streke. Kom ons kyk maar.
Ou Michiel met sy Krav maga kan ek lekker spot. Ek kan waarskynlik meer sê oor die haarlyn wat vinnig besig is om te verdwyn, maar hierdie is die een boer wat die meeste mense gesê het ek by sal pas. So hy is in en ek sal maar in my briefie noem dat ek Judo gedoen het toe ek jonger was. Kapow!
Ignus is 1.75m lank – ek dink ek is 1.76, maar wat is ’n cm nou tussen vriende! Mal oor die feit dat hy kleiduif skiet en met ’n boog jag en die man speel rugby. Ja!!! Hy kan ook ’n briefie verwag.
Laastens gaan ek vir Stompie ook skryf. Hy het die meeste ‘likes’ op Facebook, maar die mannetjie is mooi! Hy klink regtig oulik en ek kan myself nogals saam hom op ’n stoep sien sit. Ha! Ek dink hy gaan ’n kruiwa vol briewe kry so ons sal maar sien wat gebeur.
So, ek gaan vir 4 boere skryf. Fanie, Michiel, Ignus en Stompie. Om my 'liefdesbrief' te skryf het my 'n hele naweek geneem. Dit was vir my vrek moeilik en ek sal julle binnekort daarvan vertel. Kyk eers hier! Nadat die program op KykNet uitgesaai is het my sussie dit goed gedink om vir my ’n opsomming te stuur van wie sy en my ouers dink ek voor moet skryf. Ek dink ek het darem bietjie die moontlike opsies verminder. Kyk net my sussie se ‘Boer soek ’n Vrou verslag’.
Boer #1: Chris
Hys so cute! Skryf defnitief. Hy soek 'n vrou wat goed is met kinders...en wat nou beter as 'n dominee....en hy het stoetbeeste!! Hys dalk nie heeltemal jou smaak nie maar skryf net anyway.
Boer #2: Stompie
JA!! Maar ek dink almal gaan vir hom skryf. Hy is hot! En hy gaan saam jou Bybel lees. Ahw en hy's cute! "Hierdie ou het n mooi vel" - Ma...dit beteken jou kinders sal nie puisies hê nie.
Boer #3: Hans
Hy lyk soos n oom van 50 al is hy 26. Maar ek dink hyt n mooi stem. Ek hou van hom. Hys n regte boer! Hys een van min wat nie looks as belangrik genoem het nie. Ek dink hy gaan n meisie mooi hanteer. Maar hys bles, en chubby! Skryf vir hom!
Boer #4: Fanie
Sy aksent is cute! En hy't Angoras!! Ek LOVE Angora bokke! Hy lyk nie of hy 'n gemaklike mens is om mee te gesels nie. Lyk asof hy baie drink.
Boer #5: Ignus
Hierdie ou is een van my favourites. Pa se dis iemand met wie hy jou kan sien. Hy's ook nie 'n lelike ou nie. Hy speel rugby so hy gaan arms hê. En hy't n boog so julle kan saam skiet. Skryf vir hom!! Defnitief! Ek like hom baie!
Boer #6: Reinhardt
Die ou lyk bietjie boring. Maar jy kan dalk skryf.
Boer #7: Marius
Coloured...vir n feit! Nee.
Boer #8: Michiel
Ek's mal oor hom! Ja! Asb skryf! Hy't nie looks nie, bold spots en hy lyk soos 'n rapist...maar hy lyk flippin cool. Hy lyk soos 'n interessante mens met wie mens lekker kan gesels
Boer #9 en #10: te oud
Nee goed. Ek sal hierdie week verder oor hierdie Boer soek ’n Vrou storie skryf. Ek het nog baie nuus, maar hierdie inskrywing is heeltemaal te lank soos dit is. Vir wie sou julle ingeskryf het? Dink jy die program is vlak?
Ek dink dis moer snaaks. Ek gaan nou ’n beskuit reseppie afstof en begin bak. Hierdie meisies se briewe word nie net uitgedruk nie hoor! Meer daaroor later die week, my vriende.
Kyk Michiel in die oë as jy met hom praat. Probeer om nie vir sy kop te staar nie. ;-)
ReplyDeleteEk kyk glad nie Boer Soek 'n Vrou nie (sal kyk as jy op is, Stofie!), maar kan nie glo dat baie van die matches uitwerk nie, want dis seker die mees onnatuurlike dating proses wat ek myself kan voorstel. En als gebeur te vinnig.
Weet iemand dalk hoeveel boere in al die reekse saam op was en hoeveel van hulle nou gelukkig getroud is met die spesifieke girl wat hulle gekies het op die program?
Sover ek kan lees is daar EEN paartjie getroud, maar die program het sy 'fair share' skandale al oorleef!
ReplyDeleteEk het ook uitgevind dat KykNet die program oorgekoop het van Australië af. Hulle weergawe is "Farmer wants a wife". Baie snaaks! Eerste artikel wat ek lees wys een van die meisies haar paaldans tegniek vir die boer... miskien moet ek tips vang!
Kyk wat skryf 'n ou in 2011 aan die Beeld in 'n brief: "Wat is hierdie programme anders as ’n bedekte program om prostitusie op ’n hoër vlak aan te bied? Die man het geld en die meisie bied haarself aan om deel te hê aan die rykdom of die euforiese lewe van plaasvrou. Sou die vroue inskryf as ’n karwag “die trofee” was?"
Jip, dit gebeur vreeslik vinnig en glo my, ek is nie simpel of blond genoeg om nie die konsep van die program te sien vir dit wat dit regtig is nie. Tog gaan ek inskryf. Ek gaan die kans waag. Ek gaan vashou aan die 'miskien'.
Hoe het jy die boere se vanne gekry en wat is die vanne? Ek wil ook gaan kyk want ek skryf vir Fanie*** Hys super oulik. Wanne gan jy jou brief opsit?
ReplyDeleteHaha! Nee wat, jy sal maar self moet 'navorsing' doen, jong! Ek gaan die brief eers na die sluitingsdatum opsit - ek wil nou nie hê my "kompetisie" moet kan sien nie, jy weet...
ReplyDeleteSterkte Anonymous! Kom ons hoop maar ons altwee dring deur!
Miskien moet jy net eers uitvind waar Stompie sy bynaam vandaan gekry het, voordat jy vir hom skryf...
ReplyDeleteMevrou Stoof! haha lag ek my gat af vir jou en jou sussie se menings oor die boere! Ek dink dis great dat jy inskryf, wie weet dalk kom daar iets wonderlik daarvan! Baie sterkte, ek hoop ek sal jou op die program sien! Good luck, gaan vang 'n Boer!! :D
ReplyDeleteCool and I have a neat give: How Much Remodel House whole home remodel cost
ReplyDelete